Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodieë het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering, ontroering, ontheemding en verganklikheid. Sy musiek word dan ook dikwels vergelyk met dié van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan.rnKoos du Plessis is reeds veertig jaar oorlede, maar sy invloed binne die Afrikaanse kulturele milieu kring steeds wyer uit. Liedjies soos “Sprokie vir ’n stadskind” en “Kinders van die wind” het onuitwisbaar deel geword van die Afrikaanse kultuurskat; sy li