Facto luister wat die Flixies te sê het oor water en hy hoor dat dit 'n wonderstof is! Geen lewe soos ons dit ken is moontlik sonder water nie. Dit is 'n wonderlike oplosmiddel, wat beteken dat die plante en diere se kos eers daarin moet oplos voordat dit deel van die plant of dier se liggaam kan word. Dit is ook 'n was- en spoelmiddel en dit koel af. Ons voorraad vars water wat bruikbaar is, is baie beperk en die Flixies verduidelik hoekom.