Johan Cilliers bied hier ’n teologiese boek aan wat tegelykertyd ook ’n kunswerk is – en wys daarmee dat teologiese diskoerse ’n opwindende kombinasie van skilderye, gedigte, refleksies, verhale, baie humor, Bybelse woorde, preke en meditasies kan wees. Hierdie boek is ’n ‘bricolage’ – ’n skepping uit ’n verskeidenheid van dinge – en demonstreer dat ons lewens ook ’n skone bricolage in God se oë is. In sy estetiese vorm, maar ook inhoud, is hierdie boek geheel en al anders as baie ander wat al oor ‘die sin van die lewe’ geskryf is. Johan Cilliers onderbreek elke selfgefabriseerde produksie van