Suid-Afrika, met drie landsgrense deur see omsoom en 'n kuslyn van ongeveer 2 800 km, is 'n maritieme moondheid. Die Suid-Afrikaanse vlootmagte vorm uiteraard 'n belangrike deel van dié land se gewapende magte en verdedigingstelsels. Alhoewel die benaming, Suid-Afrikaanse Vloot (SAV), eers sedert 1 Januarie 1951 gebruik word, dateer die geskiedenis van Suid-Afrika se vlootmagte terug tot ten minste 1922.
Carefully selected for their depth, relevance, and lasting impact.